Ons Winkel

Is daar iets by jou huis wat die pad staan of bars jou kas uit sy nate met klere wat jy nie meer dra nie?

Skenk dit vir liefdadigheid.

Met jou ongewensde items kan Helpende Hand wonderwerke verrig. Ons Winkel is ’n welsynswinkel waar jy jou tweedehandse items kan gaan skenk of self vir jou ’n winskopie of twee kan opraap.
Uit die wins van die verkope bied Helpende Hand maatskaplike hulp in die gemeenskap, werkgeleenthede en studiefondse aan studente wat wil gaan studeer, maar dit nie kan bekostig nie. Jou item is nie net ’n item nie, dit is ’n toekoms. Vind jou naaste winkel by OnsWinkel.co.za.
Dit is my winkel, dit is jou winkel, dit is Ons Winkel.



Current track

Title

Artist

Background