Radio Kaapse Kansel “Pays it forward”

Written by on 23rd Jun 2020

Radio Kaapse Kansel 729AM “Pays it forward.” Ons neem hande saam met die Pay it forward Christusfees om ons land se kunstenaars te ondersteun.  Kunstenaars wat ons daagliks bedien met hulle musiek en ons daarmee versterk.  Neem saam met ons hande –  bespreek nou vir hierdie Fees geleentheid!

Pay it Forward hou ‘n “aanlyn-digitale” INBLY Gospelfees!!! Slegs R55/kaartjie vir die hele gesin!

Bespreek you kaartjie by Quicket vir die Pay it Forward INBLY Gospefees.

Kom kuier saam met jou gunsteling gospel kunstenaar vir ‘n lekker INBLY Gospelfees.​

Oom Karoolus en Lente, Danie Botha, Onbeskaamd, Lizette, Leon Ferreira, Carindé en Anneli Gouws.​

“Kaartjies sal verkoop word en die opbrengs daarvan sal onder die kunstenaars verdeel word, daardeur wil die Pay-it-forward span ‘n finansiële bydrae maak aan die kunstenaars, wat van diegene is, wat die hardste getref is deur die Covid 19 pandemie. ‘n Gedeelte van die kaartjie verkope gaan aangewend word om kospakkies bymekaar te sit vir behoeftige gesinne.”

Met Visiothon het ons verniet advertensie pakkette weg gegee om ons land se besigheidsmense te help om weer op die been te kom. Laat ons ook nou ons kunsternaars by staan.


Current track

Title

Artist

Background