Abundant Life

Scheduled on

Tuesday 02:55 03:00
Friday 02:55 03:00

Abundant Life

Tagged as: ,
Jan de Wet, ordained minister, author and music artist shares messages with practical life skills alligned with the word of God.

Jan de Wet is gebore in Harrismith en matrikuleer in Potchefstroom in 1967. Hy studeer vir n graad in opvoedkunde aan die universiteite van RAU en Potchefstroom en gee van 1973 tot 1975 onderwys aan hoërskoolleerlinge in Namibië. Van 1975 studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch, dien as Voorsitter van die Studenteraad en behaal die grade B.Teologie en Meestersgraad in Teologie en word n predikant in die NG kerk van Suid Afrika. Hy was leraar van n gemeente in Somerset Wes waar hy gewoon het van 1980 tot 1989 en begin met n onafhanklike musiekbediening in 1983. Hy tree sedertdien regoor Suid Afrika op sowel as in n hele aantal oorsese lande soos die VSA, Duitsland, Switserland, Nederland, België, Frankryk, Nieu Seeland, Australë en die Verenigde Koninkryk sowel as naburige lande: Namibië, Botswana,Swaziland en Mosambiek. Hy het sy eerste klankopname as sang en uitvoerende kunstenaar in 1967 gemaak en terwyl hy onderwyser en predikant was was hy steeds aktief betrokke by die musiek industrie. Deur die jare het hy meer as 60 musiekalbums vrygestel (plate, kassette,cds, videos ,dvds) en daarvoor talle musiektoekennings ontvang. Hy is tans onder kontrak by Sony Musiek en ook betrokke by die sanggroep ‘Manne wat Glo’ wat plaaslik sowel as en internasionaal optree. Jan is getroud met Jeanette en het drie getroude kinders en 6 kleinkinders. Hy het deur die jare op verskeie rade gedien, talle boeke gepubliseer, 10 Comrades Marathonne suksesvol voltooi en lei gereeld groepe na Israel. Hy is ook organiseerder en leier van jaarlikse Motorfietstoere na die Europese Alpe.

Would you like to sponsor this programme? Please send an email to info@capepulpit.co.za


Read more

Abundant Life crew

Jan de Wet was born in Harrismith and matriculated in Potchefstroom in 1967. He studied for a degree in education at the universities of RAU and Potchefstroom and taught high school students in Namibia from 1973 to 1975. From 1975 he studied at the University of Stellenbosch, served as Chairman of the Student Council and […]


Current track

Title

Artist

Background