A Tale of Two Brothers

Scheduled on

Sunday 09:20 09:30

Tagged as:
Hierdie geestelike roman weerspieël die impak van die 4000-jarige stryd tussen die afstammelinge van Ismael en Isak op ons wêreld. Die intensiteit neem toe in die Eindtyd met die komplot  van die antichris en sy helper, die valse profeet, om die wêreld te oorheers en valse vrede te preek. Daar is ʼn onverwagte verassing in die verhaal wat kulmineer met die koms van die ware Vredemaker, ons Messias, Jesus Christus. Die storie sal resoneer met diegene wat op soek is na die waarheid. Die storie word vertel deur die outeur, André Diederichs.

 

André Diederichs is ‘n welbekende sakekenner, openbare spreker, skrywer en mediapersoonlilheid. Hy het deur die wêreld gereis in sy strewe om die uitdagings wat entrepreneurs, leiers, bemarkers en familie-ondernemings in die gesig staar te begryp en die beste praktyke om daardie uitdagings die hoof te bied. Hy het nege boeke en meer as 2500 artikels in koerante en saketydskrifte gepubliseer oor belangrike sake, finansiële en leierskapslesse. Hy is gereelde gas in RADIO en TV-geselsprogramme.

André is die hoofsameroeper van FABASA (Family Business Association of South Africa) en ‘n geakkrediteerde familieonderneming-konsultant. Hy het al meer as 300 familieondernemings en ander sakeondernemings gekonsulteer. Vir meer inligting besoek sy webwerwe by https://andrediederichs.co.za/ EN https://fabasa.co.za/home/ Hy kan ook gekontak word by 0824533288 of per epos by awdiederichs@mweb.co.za OF info@fabasa.co.za


Read more

Current track

Title

Artist

Background